Thursday, February 19, 2009

Goedkoop "Tracker" stelsel vir jou kar

Word geplaas met volle erkenning aan Danie van Eg-Afrikaans

Die wenk gaan oor voertuie wat gesteel word en nie gou opgespoor kan word nie. Hierdie is die goedkoopste manier om te weet waar die voertuig hom bevind. Ons almal het ou selfone by die huis wat in onbruik verval het. Jy het daardie selfoon nou nodig. Koop vir jou 'n VodaCom simkaart. Die goed se koste beloop minder as R5. Koop beltyd. Koop sommer vir ongeveer R150, jy sal nou-nou sien hoekom jy soveel moet koop. Registreer by VodaCom op die nuwe nommer vir hulle 'Look4me'-opsie. Die koste per maand beloop ongeveer R12. Indien jy dus R150 se beltyd gekoop het, gaan jy nie gou weer tyd koop nie. Jy gaan in alle geval nie die foon gebruik om oproepe te maak nie. Plaas die beltyd op die foon. Kry vir jou 'n laaier wat jy in jou voertuig kan gebruik.

Nou doen jy as volg: Stel die foon dat hy nie sal lui as daar 'n oproep is nie of as daar 'n SMS deurkom nie. Skakel ook die vibreerder af. Koppel die laaier aan die battery, maar op so 'n manier dat dit nie maklik gesien kan word nie, versteek die laaier en die foon iewers in jou voertuig. Sorg dat die foon aangeskakel is wanneer jy dit versteek en dat die laaier aan die foon gekoppel is. Wanneer die voertuig gesteel word, doen jy die nodige soos deur VodaCom voorgeskryf om te bepaal waar die selfoon homself bevind en jy sal op die manier kan bepaal waar die selfoon en die voertuig is en as die polisie op en wakker is, kan jou voertuig dalk opgespoor word, voordat hy oor die grens gaan of voordat hy van kleur verander.

No comments: