Saturday, October 6, 2007

Resepte

Gee vir ons jou spesiale resep. 

Kom vertel ons van jou lekkerste vakansie resepte: van padkos tot braai, marinades, bykosse en potjie - enige iets wat lekker is vir die vakansie!

Hier kan ons resepte uitruil en planne maak vir lekker eet! Kry jou gratis resepte hier.

2 comments:

Anonymous said...

Daar is min van ons wat lief is vir groente. Ek en die kinders is gewoonlik vies as vroulief op 'n kamp wil groente maak. Ek meen as mens kamp eet jy mos pap en vleis so iets ordentliks, nie groente nie.

Toe raak vroulief slim, het dit by een van haar vriendinne gesien. Sy vat die groente en sny dit in klein stukkies, jy kan amper enigiets behalwe kool gebruik.

Sy gebruik wortels, aartappels, murgpampoene, sampioene, boontjies ens. Sny dit op en plaas dit dan in foelie. Sit so teelepel botter by net om seker te maak dit is nie te gesond nie en gooi dan sout, swart peper en so bietjie gemengde kruie en knoffel oor. Draai die foeilie sorgvuldig toe en plaas dan hierdie waardevolle pakkie langsdie kuiervuur sodat tyd tydsaam kan gaar raak.

Indie die gesin groot is kan jy vir elkeen sy eie pakkie maak. So kan Ma dan slegs vir haar pakkie kool insit en die res van die gesin kan vir 'n slag in vrede eet.

Geniet dit.

Anonymous said...

Lekker padkos, is gewoonlik 'n wenner. Ons hou daarvan om ribbetjies, cocktail worsies, samoosas, broodjies, vetkoek ens in te pak!