Showing posts with label Algemeen. Show all posts
Showing posts with label Algemeen. Show all posts

Sunday, July 12, 2009

Algemeen

Hier kan jy navrae plaas oor bykans enige onderwerp waarvoor jy inligting soek.

Kliek op "comments" en plaas jou navraag.

Thursday, February 19, 2009

Goedkoop "Tracker" stelsel vir jou kar

Word geplaas met volle erkenning aan Danie van Eg-Afrikaans

Die wenk gaan oor voertuie wat gesteel word en nie gou opgespoor kan word nie. Hierdie is die goedkoopste manier om te weet waar die voertuig hom bevind. Ons almal het ou selfone by die huis wat in onbruik verval het. Jy het daardie selfoon nou nodig. Koop vir jou 'n VodaCom simkaart. Die goed se koste beloop minder as R5. Koop beltyd. Koop sommer vir ongeveer R150, jy sal nou-nou sien hoekom jy soveel moet koop. Registreer by VodaCom op die nuwe nommer vir hulle 'Look4me'-opsie. Die koste per maand beloop ongeveer R12. Indien jy dus R150 se beltyd gekoop het, gaan jy nie gou weer tyd koop nie. Jy gaan in alle geval nie die foon gebruik om oproepe te maak nie. Plaas die beltyd op die foon. Kry vir jou 'n laaier wat jy in jou voertuig kan gebruik.

Nou doen jy as volg: Stel die foon dat hy nie sal lui as daar 'n oproep is nie of as daar 'n SMS deurkom nie. Skakel ook die vibreerder af. Koppel die laaier aan die battery, maar op so 'n manier dat dit nie maklik gesien kan word nie, versteek die laaier en die foon iewers in jou voertuig. Sorg dat die foon aangeskakel is wanneer jy dit versteek en dat die laaier aan die foon gekoppel is. Wanneer die voertuig gesteel word, doen jy die nodige soos deur VodaCom voorgeskryf om te bepaal waar die selfoon homself bevind en jy sal op die manier kan bepaal waar die selfoon en die voertuig is en as die polisie op en wakker is, kan jou voertuig dalk opgespoor word, voordat hy oor die grens gaan of voordat hy van kleur verander.

Monday, March 3, 2008

Help 'n bietjie daar

Na aanleiding van 'n versoek wat ek gehad het plaas ek hierdie opskrif sodat almal wat hulp soek met mekaar hulle hulp en raad kan uitruil.

Dit kan enige iets wees van resepte uitruil, skooltake om die kinders mee te help, boererate, en algemene navrae.

Om jou versoek te plaas: Kliek op die woord "COMMENTS" en volg die instruksies.

Sodra ons sien watter tipe versoeke hier geplaas word sal ek verskillende opskrifte plaas.

Nou toe, laat waai. Ons wag om te sien wie het die meeste moed!