Sunday, September 30, 2007

Tipes Vakansie - oornagplek en gastehuise

As jy iets oor woonwaens, 4x4, kampeerplekke, woonstelle, hotelle, chalets, gastehuise of backapckers wil sê, sê dit hier:

Jy is ook welkom om jou gastehuis hier te adverteer

4 comments:

Anonymous said...

Dit klink miskien bietjie verwaand maar omdat ek self regtig lekker bly, kan ek met openhartigheid ons eie gastehuis aanbeveel in die middel van die karoo. Dis Marinas op Richmond en is amper presies halfpad tussen JHB en Slaapstad.
Die Tel nommer is 0536930142
Ideale oornagplek met n lekker snoes unieke kroeg wat in n ou perdestal gebou is met saals vir stoele. Suiwer jou longe, jou hart en jou gemoed. Stop halfpad as jy per motor reis -almal vlieg mos in vandag se gejaagde lewe! Vat die kar, hou slap links en adem bietjie karoolug in!
Groete,
Hennie

Gerhard Strydom said...

Hennie, ek gaan beslis Desember op pad Buffelsbaai toe daar afsaal...of is dit opsaal by julle plek op Richmond. Dankie vir die inligting!

Anonymous said...

Dit is hoog tyd dat daar na ons ouer mense omgesien word wanneer dit by vakansie kom. Dit is presies wat ons by PenQuin Tours & Transfers nou begin doen het! Kontak ons gerus vir meer inligting oor ons blomme toere of ons 60+ uitstappies na Sun City.
www.penquintours.com

Anonymous said...

As almal lekker by Hennie in die Karoo gekuier het, is hulle welkom om in die Weskus by Die Houthoop (www.houthoop.info)te kom draai.Ons is 15km van die see af, heerlik in die kreefseisoen, sommer in elk geval net heerlik.Sentraal in die Namakwaland blomseisoen en Skilpad in die Namakwa Nasionale Natuurreservaat, lê net om die draai. Gaste kan lekker 4x4 ry, of sommer net op die plaas by ons ontspan
(stap, swem, voëls kyk). Ons het selfsorg akkommodasie, sowel as graskampering - iets vir elke sak.

Groete
Veronica