Sunday, September 30, 2007

Roetes (paaie en plekke)

Hier kan jy aanbevelings maak oor 4x4 roetes of enige ander roetes waar daar dalk pad verelggings is. Enige iets oor roetes kan hier geplaas word

1 comment:

Anonymous said...

Die 'roete' onderwerp is nogal breed, soos ons land. Dus gaan ek sommer vertel van n onlangse roete wat ek en kamermaatjie onderneem het. Ons maak gewoonlik n groot kring van ons roete omdat A nie graag op haar spore wil terugloop nie. Gatskuur is ons middelnaam. Ons is nou juis terug in SA na sowat 15 jaar oorsee se rondslenter op verskeie projekte wat insluit Suid Amerika (Chile en Peru)asook indonesie en die verre Ooste (Suid Korea, Fillipyne ens)
Maar terug by SA, ons het gaan blomme kyk in Namakwaland - die blomme is lekker maar dis eintlik bysaak. Dis die plekke en die mense wat moers nice is. Ons het van Gomorra af vertrek (via Vryburg en Kuruman) en die eerste aand by Augrabies geslaap. (baie voels ook daar en n heerlike staproete vir die wat wil wandel)
Daarna op n plaas naby Mesklip net suid van Springbok by familie geslaap Neef Johan boer daar in die ongelooflik mooi graniet koppies en berge met Nguni beeste.
Toe in Lutzville oorgeslaap by die Golden Grape (4 ster gastehuis) en heerlik gekuier. Oppad terug het ons verby Nieuwoudville aangegaan en die eerste padwerke geslaan op die pad na Calvinia. Die aand geslaap op Richmond langs die N1 waar mens die heerlikse karoo-tjops kry. (Ek kan die 3ster gastehuis REGTIG aanbeveel - veral omdat dit aan ons behoort! ;-)
skakel hulle by 0536930142
Ons het n Australiese gas saamgehad en sy was in die wolke oor die mense wat mens nog op die platteland ontmoet.
Ons het haar geleer foneties dankie te se in Afrikaans met die sinnetjie: "Buy a donkey" dit het vir groot pret gesorg want sy wou weet hoekom ons aan almal donkies wou verkoop as ons groet.
laastens, daar is maar oral spoedlokvalle so bly maar by die spoedgrens as jou begroting net vir die duur petrol is.
Mooi loop, wyd kyk en lekker toer!
Hennie Greeff - My webwerf is 3 w's punt onsdorp punt com.