Sunday, September 30, 2007

Plekke

As jy enige plek het waar jy lekker vakansie hou, sê vir ons daarvan.

1 comment:

Pieter said...

Ons het hierdie week deur die Karoo getoer. Die twee plekke wat vir my die beste was, was die Karoo Nationale Park by Beaufort Wes en die Tankwa Nationale Park.

Die Karoo Nationale Park het die mooiste en skoonste kampeerterrein wat ek in jare gesien het. Dit is stil en salig en daar is redelik baie om te doen. Daar is 'n 4x4 roete wat nie is vir hoogtevrees mense nie en ook 'n paar staproetes.

Tamkwa is iets heel anders. Daar is niks. As jy nou wil ontspan is dit die plek. Daar is nie selfoonopvangs, TV of swembaddens nie. Dit is net jy en die bos.